28 Februarie – Liefde wat bly
En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie – maar die grootste hiervan is die liefde. - 1 Korintiërs 13:13 (AFR20)
Oordenking:
Baie dinge kom en gaan, maar liefde bly. Dit is die grootste gawe. Jy kan alles in die lewe hê of reg kry, maar sonder liefde is jy niks.
Vraag / Uitdaging:
As iets nie vanaf 'n bron van liefde kom nie, wat is die motivering of rede dan?
Gebed:
Here, help my om te leef vanuit geloof, hoop en liefde – en veral liefde wat bly. Amen.