28 Augustus / Werklike liefde / 1 Johannes 4:10

Daardie diep behoefte om geliefd te wees en om in jou hart vergenoegd te kan wees, kan net deur God se liefde bevredig word.

28 Augustus / Werklike liefde / 1 Johannes 4:10
Photo by DESIGNECOLOGIST / Unsplash
Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. - 1 Joh. 4:10

Ons liefde is veilbaar. God se liefde het geen perke nie en is ewig. Ons kan God lief hê, maar nooit op dieselfde vlak as wat Hy vir my en jou lief het nie.

Hoeveel kere probeer ons 'n definisie gee vir wat werklike liefde is nie? Vra mense wat is werklike liefde en hulle sal allerhande mooi dingetjies noem en edel gedagtes ens, maar alles wat vanuit die mens oorsprong het, is nie werklike liefde nie. Dit kan nie naby kom aan God se standaard van liefde nie.

Ons moet seker maak dat ons in tap by daardie standaard van liefde, sodat ons by God kan leer wat werklike liefde is en nie wat ons dink dit is nie. Werklike liefde is nie iets wat my huweliksmaat of vriend of iemand vir my kan gee nie.

Gedagte vir die dag

Daardie diep behoefte om geliefd te wees en om in jou hart vergenoegd te kan wees, kan net deur God se liefde bevredig word.