27 September / Hoop sonder skaamte / Romeine 5:5

Moenie skaam wees oor die Hoop in Christus nie!

27 September / Hoop sonder skaamte / Romeine 5:5
Photo by Josh Eckstein / Unsplash
en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. - Rom. 5:5

Hoekom hoef ons nie skaam te wees oor die hoop wat ons in Christus het nie? Omdat God se liefde in ons harte uit gestort is. Wanneer 'n kind hoop en vertroue in hul ouers plaas, doen hulle dit sonder skaamte, want hulle weet hul ouers is lief vir hulle.

My en jou identiteit is gewortel en ge-anker in die liefde van God wat in ons harte is!