27 Oktober / Werk vir die Here / Kolossense 3:23
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie. - Kol. 3:23
Hierdie vers word in die konteks van slawerny, vir die slawe gesê. Die klem lê daarop dat Christen slawe moet hul meesters dien, asof hulle die Here self dien.
Ons kan hieruit leer en dit in die werksplek toepas deur te sê dat ons ons werk moet nader asof ons dit vir die Here doen. Wanneer ons met hierdie gesindheid werk, dan sit ek my beste op die tafel. Ek gaan die ekstra myl en ek bring eer aan die Here wanneer ek hard werk, getrou en eerlik is en my beste gee.
Dink 'n bietjie
Doen jy jou werk asof jy dit vir die Here doen? Reflekteer jou gesindheid dit ook? Hoe sou jou werk anders gelyk het as jy dit gedoen het asof jy dit vir die Here doen?