27 Maart – Geloof sonder sekerheid
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. - Hebreërs 11:1 (AFR83)
Oordenking:
Geloof beteken om vas te hou aan dit wat ons nog nie sien nie. Dit is nie 'n blinde geloof nie, want die vervulde beloftes vanuit die Skrif en die pad wat ons tot dusvêr met die Here stap gee gewig en bewys aan die sekerheid wat ons het. Ons geloof is gevorm deur sekerheid en oortuiging.
Vraag / Uitdaging:
Waar leef jy tans uit geloof?
Gebed:
Here, help my om vas te hou aan U beloftes, selfs sonder sekerheid. Amen.