27 Julie / Lukas 23:34 / Vergifnis
Hoe treë ek en jy op in "ons laaste oomblikke"? Wanneer ons frustreerd, moeg, kwaad of uitgeput is... wanneer ons op ons laaste is... het jy dan steeds die kapasiteit of vermoë om ander te vergewe?
Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot. - Lukas 23:34
Jesus hang aan die kruis, besig om te sterf... en selfs in Sy laaste oomblikke vergewe Hy diegene wie besig is om Hom dood te maak en ook die een lanks Hom aan die kruis.
Ons dien 'n Here wie vergewe. Selfs in sy laaste oomblikke, het Hy die krag, liefde, genade en deurnis om te vergewe. Dit moes 'n geweldige emosionele ervaring wees om 'n oogetuie te moes wees van Jesus se kruisiging en om te hoor wat Hy sê.
Hoe treë ek op?
Hoe treë ek en jy op in "ons laaste oomblikke"? Wanneer ons frustreerd, moeg, kwaad of uitgeput is... wanneer ons op ons laaste is... het jy dan steeds die kapasiteit of vermoë om ander te vergewe?
Van nature dink ek nie ons het nie, maar ons het die Heilige Gees binne in ons, en daarom moet ons altyd bereid wees om ander te vergewe, soos Jesus dié vergewe wie besig was om Hom dood te maak.
Dit is tyd vir ons volgende tema, indien jy enige voorstelle het, laat my gerus weet!