1 min read

27 Januarie – Volg God stap vir stap

God gee genoeg lig vir die volgende tree. Sy Woord help om die pad vorentoe vir ons te verlig – al voel dit partykeer nie so nie.
27 Januarie – Volg God stap vir stap
U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad. - Psalm 119:105 (AFR20)

Oordenking:

God gee genoeg lig vir die volgende tree. Sy Woord help om die pad vorentoe vir ons te verlig – al voel dit partykeer nie so nie. Daar is nie altyd 'n duidelike antwoord vir elke situasie nie, maar die beginsels wat ons leer in die Skrif help ons deur die hulp van die Heilige Gees, om die regte treë te neem.

Vraag / Uitdaging:

Hoe helder is die pad voor jou voete?

Gebed:

Here, ek kies om U vandag stap vir stap te volg. Help my om te vertrou dat U lig genoeg is vir elke tree. Amen.