1 min read

27 Februarie – Genade in verhoudings

27 Februarie – Genade in verhoudings
Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. - Johannes 1:16 (AFR20)

Oordenking:

God se genade is oorvloedig. Dit wat ons in oorvloed van God ontvang, moet ons met ander deel sonder om terug te hou. Die wêreld is hard op 'n mens. Jy is dalk iemand anders se bron van genade wat hul nader aan God kan trek.

Vraag / Uitdaging:

Wys jy genade aan ander sonder om terug te hou?

Gebed:

Here, vul my met U genade sodat dit kan oorloop na ander toe. Amen.