27 Augustus / Hoe lief is God vir jou? / 1 Johannes 4:9
Maak seker dat jy genoeg tyd in God se Woord spandeer sodat jy jouself gedurig kan herinner aan hoe groot Sy liefde vir jou is.
Híerin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. - 1 Joh. 4:9
God is baie lief vir jou. Ek hoop jy besef hoe kosbaar jy is vir Hom, want Hy is so lief vir jou dat Hy Sy enigste Seun, Jesus Christus, na die aarde toe gestuur het om die gestalte van 'n mens aan te neem en om namens ons almal te sterf aan 'n kruis vir ons elkeen se sondes.
Wat is meer waardevol as jou eie kind se lewe? En God, offer nie iemand anders se kind op nie, maar Sy eie. Dit is hoe lief God vir jou is.
My identiteit is gewortel in God, die wete dat Hy ontsaglik lief is vir my en omgee oor my. Daarom is ek gerus gestel in hierdie wêreld, want maak nie saak waardeer ek gaan nie, ek weet daar is iemand, 'n baie groot Iemand, wie lief is vir my.
Dit is moeilik om iets vir iemand te gee wat jy nie self ontvang het nie. Dit is moeilik om op 'n Goddelike manier liefde te gee vir mense, as jy dit nie self by God eers beleef en kry nie. Maak seker dat jy genoeg tyd in God se Woord spandeer sodat jy jouself gedurig kan herinner aan hoe groot Sy liefde vir jou is.