26 September / Doen jou naaste geen kwaad / Romeine 13:10

26 September / Doen jou naaste geen kwaad / Romeine 13:10
Photo by Dariusz Sankowski / Unsplash
Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. - Rom. 13:10

As jy mense liefhet, dan gaan jy iets doen wat hul te na kom nie. Jy sal nie sleg praat nie, steel nie, dood maak nie of verkeerd doen teenoor hul nie. Dit is die volle uitvoering van die wet, want alles druis neer op liefde.

Dit moet Hemels! wees om te kan lewe waar alles deur liefde bepaal word. Mag die Here ons lei dat ons woorde en aksies deur liefde bepaal word. Liefde vir God en liefde vir ons naaste. As ons daadwerklik daarvolgens lewe, dan sal ons lewens drasties anders wees as die wêreld s'n.