26 Oktober / So iemand mag nie eet nie / 2 Tessalonisense 3:10-11

Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.” Ons sê dit omdat ons verneem dat daar mense by julle is wat leeglê, wat self nie werk nie en hulle net met ander se sake bemoei. Sulke mense beveel en gebied ons op gesag van die Here Jesus Christus dat hulle hulle aandag by hulle werk moet bepaal en hulle eie brood verdien. - 2 Tess. 3:10-11
As iemand nie wil werk nie, mag hy nie eet nie. Dit is die direkte opdrag van Paulus. Hierdie opdrag is so belangrik dat Paulus die opdrag op gesag van die "Here Jesus Christus" gee.
Die probleem was dat daar mense in die kerk was wat nie wou werk nie en hulle het leeg gelê en moeilikheid veroorsaak. Hulle het die ander gemeentelede gepla en op die goedheid van die ander Christene staat gemaak vir kos. Paulus spreek hierdie luiheid hard aan en gee opdrag dat die Kerk hulself nie met sulke mense moet bemoei nie en hulself van sulke mense moet verwyder en hul vermy (vv. 13-14).
Om te werk is ons God-gegewe opdrag en ook straf, van die dae van die Tuin van Eden toe Adam en Eva gesondig het. Die feit dat God ons deur ons harde werk seën is net genade en dit getuig van God se liefde vir ons, tenspyte van die straf.
Hierdie teks is nie van toepassing op mense wie nie in staat is om te werk nie, maar vir diegene wie vermoënd is om te werk, maar nie wil werk nie. Vir so iemand MAG jy nie help nie, want anders gaan hy nie leer nie.
Harde woorde van Paulus... hy draai nie doekies om nie!