26 Maart 2023 / Gelukkig Vergewe / Psalm 32:1-2
’n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. - Ps 32:1-2
Die Engels gebruik die woord, blessed. Om te sê dit gaan goed met iemand, of geseënd, beteken dat die persoon gelukkig kan wees - bly kan wees, vol vreugde.
Die feit dat ons deur die Here vergewe is en nie die straf vir ons sonde kry nie behoort te maak dat ons met vreugde lewe; dat ons gevul word met blydskap oor God se genade.
Hoe bewus is jy van jou redding en verskaf dit vir jou blydskap of vreugde?