26 Junie 2023 / Gemaak om te dien / Efesiërs 4:11-12
En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. - Ef 4:11-12
As jy een van hierdie gawes het, dan het jy 'n verantwoordelikheid om dit te gebruik om die liggaam van Christus te help bedien en op te bou.
Dit geld ook vir enige ander gawes van die Gees, want as ons na Korintiërs kyk dan sien ons dat die gawes daar is om die liggaam op te bou, om mede gelowiges te ondersteun en te versterk.
Ek en jy het 'n verantwoordelikheid teenoor God en ons mede-mens om ons gawes wat die Here vir ons gee en bekgragtig, te gebruik tot voordeel van God se koninkryk binne in die Liggaam van Christus.