26 Februarie / Hoe om jouself te gedra / 1 Timoteus 3:15

26 Februarie / Hoe om jouself te gedra / 1 Timoteus 3:15
Photo by Tyler Nix / Unsplash
Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid. - 1 Tim. 3:15

Paulus gee riglyne in die briewe aan Timoteus vir hoe iemand hulself moet gedra in die huisgesin van God.

Soos ons almal weet, as jy deel is van 'n gesin met 'n familie of broers en susters en ouers en ooms en tannies... dat daar sekere maniere is wat van toepassing is. Ons weet hoe ons onsself moet gedra en die van ons wie nie weet nie het gou pak gekry. Dalk was dit net ek hehe.

Om 'n Kind van God te wees, behels dat ek moet weet hoe om myself te gedra in God se Huisgesin. Dit is die liggaam, die wye kerk. Weet jy wat dit beteken en van jou vereis? As ons onsself reg gedra in die huisgesin van God, dan sal ons 'n baie opbouende en positiewe ervaring in die Huisgesin hê. In die Huisgesin van God gaan dit nie oor my nie, maar oor my broer of suster en oor die gesin self. Wanneer ek ander eerste stel, dan kom daar mooi dinge daaruit.