26 Augustus / Wie nie lief het nie / 1 Johannes 4:8

Liefde spruit vanuit 'n wedergebore natuur en ook vanuit gemeenskap (fellowship) of 'n verhouding met God.

26 Augustus / Wie nie lief het nie / 1 Johannes 4:8
Photo by Dan Edge / Unsplash
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. - 1 Joh. 4:8

Johannes skryf in die negatiewe vorm en wat hy eintlik sê is dat as iemand God geken het, dan sou hy liefde gehad het. Johannes verwys hier na 'n intieme verhouding met God.

Let wel dat Johannes nie sê dat iemand wie nie liefhet nie wedergebore is nie, maar dat hy sê so 'n persoon ken nie God nie. Liefde spruit vanuit 'n wedergebore natuur en ook vanuit gemeenskap (fellowship) of 'n verhouding met God.

Nadat ons wedergebore is en hoe sterker ons verhouding met die Vader raak, hoe meer word liefde in ons lewens sigbaar.