25 September / Wie se kind is jy? / 1 Johannes 3:10
Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie. - 1 Joh. 3:10
Iemand wie aan God behoort lewe regverdig en het sy broer lief. Eenvoudig soos dit. Johannes draai glad nie doekies om in 1 Johannes nie en hier tref hy onderskeid tussen 'n Kind van God en iemand wie aan die duiwel behoort.
Om reg te lewe voor God, die regte dinge te doen... om reg op te treë in die oë van die Here is wat ons Kindskap bevestig.