25 Oktober / Werk 'n afgod / Matteus 6:24
“Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” - Matt. 6:24
Alhoewel ons gister genoem het dat dit wat ons het, God vir ons gee en dat Hy wil hê ons moet dit geniet - is daar ook die teenkant waarteen ons hier gewaarsku word. Ons moet oppas dat ons nie so lief raak vir geld dat ons ons werk begin verafgod nie.
Omdat jy jouself in 'n mik in werk, beteken nie dat jy noodwendig wel af of suksesvol gaan wees nie. Dit is in die Here se hande. Daar is mense wie hul werk verafgod; hul hele lewe draai net om hul werk en hulle jaag die volgende salaris of bonus na.
Ek ken mense wie die heeltyd werk, soveel so dat hul skaars by die Kerk kan uit kom op 'n Sondagoggend. Dit laat mens dan partykeer wonder, wat is hul grootste prioriteit... want jy kan nie God EN jou werk dien nie. Die een is 'n geskenk en die ander jou redding.
Wees versigtig dat jy nie 'n groter geskenk probeer na-jaag as wat jy ontvang het en dan in die proses die Een vergeet wie die geskenk vir jou in die eerste plek gegee het nie. Jy het die geskenk ontvang weens die verhouding met die Vader; moet nie die verhouding afskeep nie.