1 min read

25 Maart – Vertrou in die donker

25 Maart – Vertrou in die donker
Wie van julle dien die Here en luister na sy dienaar? Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun. - Jesaja 50:10 (AFR83)

Oordenking:

Selfs in donker tye word ons geroep om op God te vertrou. Al sien ons nie lig aan die einde van die tonnel nie, moet ons juis op die Here roep en luister vir Sy stem - ons gedagtes op Hom en Sy Woord rig sodat ons leiding kan ontvang al lyk dit nie vir ons moontlik nie. Om op die Here te vertrou is 'n werklike opdrag en ons weet die Here se opdragte is nie maklik nie...

Vraag / Uitdaging:

Waar moet jy vandag in die donker vertrou?

Gebed:

Here, wanneer ek nie kan sien nie, help my om op U te steun. Help my om in die donker tye te vertrou op U en U Woord, sonder om moeg en afgemat te raak. Amen.