25 Januarie – God lei my tree
God bevestig die pad van dié wat Hom vertrou. Hy lei elke tree.
Danksy die Here stap 'n jong man met ferm treë; en die Here is tevrede met sy lewenspad. As hy val, sal hy nie neerslaan nie want die Here hou hom aan sy hand. - Psalm 37:23-24 (AFR20)
Oordenking:
God bevestig die pad van dié wat Hom vertrou. Hy lei elke tree. Die persoon wat op die Here vertrou stap doelgerig, onwankelbaar, seker van die pad waarop hy is.
Vraag / Uitdaging:
Stap jy tans met ferm treë? Of stap jy met onsekerheid en sonder gemoedsrus? Wat weet jy moet jy doen om met ferm treë te stap?
Gebed:
Here, dankie dat U my tree lei. Help my om oplettend en gehoorsaam te bly aan U leiding. Dankie dat ek my vertoue in U kan plaas en standvastig kan wees met die pad wat ek stap. Amen.