24 November / 'n Werk van God / 2 Tessalonisense 2:13-14

24 November / 'n Werk van God / 2 Tessalonisense 2:13-14
Photo by Liane Metzler / Unsplash
Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Hy het julle hiertoe geroep deur die evangelie wat ons aan julle verkondig het, sodat julle deel kan kry aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus. - 2 Tess. 2:13-14

Ek is so dankbaar dat die Here die een is wat die inisiatief neem om ons te red, want as dit van myself af hang, sou ek dit nooit kon haal nie.

Ons lees hier dat die Gees is die een wat ons afsonder vir God, bedoelende die Gees heilig ons voor God.

Ek gesels laas week met 'n man wat nie 'n Christen is nie. Hy weet baie van Christenskap en baie ander gelowe, maar hy is baie gemaklik en gee nie om wat 'n mens glo nie, solank almal net mooi met mekaar hanteer en in liefde op treë. Toe ek 'n kansie kry toe vra ek hom twee pertinente vrae.

  1. Ek vra vir hom, as Christenskap regtig waar was, sou jy wou geweet het of dit waar is?
  2. Tweedens, verduidelik ek vir hom dat Christene kan nie hul redding verdien nie, dit is vrylik beskikbaar. En daarom kan net Christene sekerheid hê oor die waarheid en oor ons redding.

Die twee vrae / stellings kon ek sien het hy nog nie aan gedink nie en ek bid regtig dat die Here in sy hart sal werk dat hy 'n soeke sal hê na die waarheid.

Wanneer ons die waarheid van God glo, dan kom die Heilige Gees en Hy maak ons 'n nuwe mens, 'n nuwe skepsel voor God. Hy maak ons deel van die huisgesin van God, ons God wie ons die voorreg het om Vader te kan noem.