24 Mei 2023 / Jy is nie alleen nie / Hebreërs 13:5-6

24 Mei 2023 / Jy is nie alleen nie / Hebreërs 13:5-6
Photo by Towfiqu barbhuiya / Unsplash
Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” - Heb 13:5-6

Wat ek het, is nie 'n maatstaaf van hoe goed God vir my is nie - inteendeel, my gelukkigheid word ook nie gekoppel aan wat ek het nie, maar aan die feit dat ek weet God is by my en dat ek nie alleen is nie.

God se teenwoordigheid in my lewe moet alleen genoeg wees.

Is dit vir jou genoeg? Of het jy steeds 'n hunkering na meer / of iets anders?