1 min read

24 Maart – Lyding verander my

24 Maart – Lyding verander my
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. - Romeine 8:18 (AFR83)

Oordenking:

Lyding is nie die einde van die storie nie. God gebruik dit om ons te vorm. Dit is ook net van korte duur, want dit wat vir ons voorlê wanneer ons by die Vader is - is alles die moeitewerd!

Vraag / Uitdaging:

Hoe het moeilike tye jou gevorm?

Gebed:

Here, dit is nie lekker wanneer ek deur moeilike tye gaan nie. Here, gebruik selfs my lyding om my nader aan U te bring sodat U naam verheerlik kan word deur my lyding en my lewe. Amen.