24 Junie 2023 / My verantwoordelikheid in my redding / Matteus 7:21
21“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. - Matteus 7:21
Daar is baie mense wat sukkel met geloofsekerheid en wat party worstel met of hulle regtig gered is of nie.
Johannes 1:12 maak dit duidelik, as jy Jesus aanneem, word jy 'n Kind van God. Finish. Klaar. Jesus sê dan ook in Matteus 7:21 dat nie almal wat sê dat hulle Christene is sal hemel toe gaan nie, nie almal wat bonatuurlike dinge doen, sal hemel toe gaan nie - in verwysing na valse leraars... maar die wat die wil van die Vader doen.
As jy Jesus aangeneem het, dan het jy nou die verantwoordelikheid om God se Woord te bestudeer en om jou lewe te rig volgens die Woord en Jesus se opdragte. As jy die Wil van God doen en Jesus se opdragte uitvoer, nadat jy Jesus aangeneem is, dan sal jy gered wees!
MAAR as jy Jesus aanneem ne nie die wil van die Vader doen nie - dan is jy nie werklik gered nie en sal jy nie die Koninkryk van God eendag iewers sien nie.
Die geskenk van die ewige lewe is verniet en God gee vir ons genade sonder twyfel - maar daar lê 'n verantwoordelikheid by my en jou!