24 Februarie – Om mekaar te dra
God roep ons om mekaar se laste te dra. Dit is deel van Christelike gemeenskap.
Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.. - Galasiërs 6:2 (AFR20)
Oordenking:
God roep ons om mekaar se laste te dra. Dit is deel van Christelike gemeenskap. Dit is nie iets wat noodwendig spontaan kom nie, maar inteendeel 'n opdrag waaraan ons moet gehoorsaam.
Vraag / Uitdaging:
Wie se las kan jy vandag help dra?
Gebed:
Here, maak my oë oop vir ander se nood en gee my ’n bereidwillige hart om te help. Amen.