24 Augustus / Vrouens respekteer jul mans / Efesiërs 5:33

Sjoe. Ek kan al klaar hoor hoe party mense dalk hieroor gaan warm word onder die kraag!

24 Augustus / Vrouens respekteer jul mans / Efesiërs 5:33
Photo by Pawel Czerwinski / Unsplash
Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ’n vrou moet aan haar man eerbied betoon. - Ef. 5:33

Paulus herhaal wat hy vroeër in die hoofstuk geskryf het oor die man en vrou se pligte teenoor mekaar. Die man se opdrag is om sy vrou lief te hê en die vrou se opdrag is om haar man respek te wys.

Dit is interessant dat Paulus hierdie twee elemente uit lug... asof respek vir die man baie belangrik is en hom laat vergenoegd voel en vir die vrou om liefde by haar man te kry om vergenoegd te voel. Natuurlik as jy vir jou vrou lief is, dan sal daar respek ook wees. En as die vrou haar man respekteer, dan sal daar ook liefde saam met dit gepaard gaan.

Ek dink nie ons kan die twee los maak van mekaar nie, maar dalk rig Paulus hierdie opdrag aan die man en vrou apart omdat dit dalk iets is wat die een party mee sukkel wanneer dinge skeefloop in die huwelik of wanneer dinge swaar gaan.

Hoe ookal, om lief te wees vir God en om lief te wees vir Jesus, beteken ons gehoorsaam God se Woord en daarom het ons as Christelike mans en vrouens nie die "luxury" om te kies wanneer ons vir ons huwelikmaak liefde en respek gaan toon nie. Ons moet dit doen uit gehoorsaamheid aan God, of ons nou dink die persoon verdien dit of nie.

Sjoe. Ek kan al klaar hoor hoe party mense dalk hieroor gaan warm word onder die kraag!

Blessings vir jou,

Riaan