23 Maart – God los my nie
Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?”. - Hebreërs 13:5-6 (AFR20)
Oordenking:
Selfs wanneer ons alleen voel, bly God teenwoordig. Hy los ons nooit nie. Die Christene het vervolging beleef en hulle word herinner dat al het hulle min, het hulle die Here - dit is die grootste skat!
Vraag / Uitdaging:
As jy sê die Here is jou helper... het jy steeds vrees in jou lewe?
Gebed:
Here, dankie dat U my nooit verlaat nie. Help my om U nabyheid raak te sien. Help my om op U staat te maak en om nie te vrees nie. Amen.