23 Februarie – Verhoudings vra werk
Saam is beter as alleen, al dink ons dit is vir ons beter om alleen te wees.
Twee is beter as een, omdat daar vir hulle 'n ruim beloning is vir hulle inspanning. - Prediker 4:9 (AFR20)
Oordenking:
Saam is beter as alleen, al dink ons dit is vir ons beter om alleen te wees. Gesonde verhoudings vra moeite en samewerking.
Vraag / Uitdaging:
Is daar verhoudings in jou lewe wat jy weet aandag en werk kort?
Gebed:
Here, wys my waar ek doelbewus kan belê in my verhoudings. Amen.