23 Augustus / Mans wees lief / Efesiërs 5:25
Dames, hierdie is een van daardie verse wat jy met jou man moet deel!
Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. - Ef. 5:25
Dames, hierdie is een van daardie verse wat jy met jou man moet deel! Paulus gee opdrag vir die mans om hul vrouens lief te hê soos Christus die kerk lief het. Jesus Christus het die kerk so baie lief, dat Hy Sy lewe gegee het vir die kerk.
Liefde is nie net 'n gevoel nie, dit is 'n aksie. Partykeer raak ons met ons vroutjies ongelukkig of dinge loop dalk nie soos ons altyd beplan nie en dan "voel" ons dalk nie op daardie oomblik so lief vir ons maatjie nie, maar om lief te wees is 'n opdrag en 'n aksie. Maak nie saak hoe my vrou op treë, of wat sy sê nie, ek moet haar teen alle tye lief hê.
My liefde vir my vrou moet nie eerste gebaseer wees op wie en wat sy is nie, maar moet eerstens gebaseer wees op my verhouding met Jesus Christus.
Aksie
Dames, indien jy 'n man het, deel hierdie dagstukkie met jou man ;)