22 September / Vir die mans / Kolossense 3:19

22 September / Vir die mans / Kolossense 3:19
Photo by Brett Jordan / Unsplash
19Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. - Kol. 3:19

As mans moet ons ons vrouens met liefde en sagtheid hanteer. Vir een of ander rede is dit nie altyd so maklik nie. Nie omdat die vrouens dit moeilik maak nie (ons mag nooit hul optrede as 'n verskoning gebruik vir ons eie optrede nie), maar omdat ons in ons vlees partykeer verkeerd op treë... as die man wil ons partykeer ons autoriteit beklemtoon of met 'n yster hand regeer in die huis en besluite maak... ons wil respek af dwing... maar so 'n tipe "leierskap" kan maak dat ons vrouens soos 'n blommetjie verlep onder sulke harde of bitter woorde.

Treë eerder in liefde op; op so 'n manier dat jou vrou mooi sal blom!