22 Oktober / Woeker Eerlik / Levitikus 19:35-37
“Julle mag nie bedrog pleeg wanneer julle meet of weeg of inhoud bepaal nie. Julle moet ’n betroubare skaal en die regte gewigte en inhoudsmate gebruik. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. Gehoorsaam al my voorskrifte en bepalings en leef daarvolgens. Ek is die Here.” - Lev. 19:35-37
God maak dit hier duidelik dat Hy van die volk verwag om eerlik handel te dryf in die strate en markte.
Ek onthou lank terug toe my pa by 'n slaghuis wors gaan koop het. Op die bord staan daar die gewig is tussen 0.9 - 1.1 kg. My pa koop toe 10 pakke wors en toe hy tuis kom weeg hy al 10 pakke. Hy kom toe agter dat al 10 pakke 0.9 kg weeg. Hy was 'n bietjie ontsteld en toe hy dit op vat met die eienaar toe sê die eienaar dat dit mos tussen die beduidende gewig is.
Vir die gemiddelde persoon sou hy verwag dat 'n pakkie hier en daar dalk 1kg of 1.1kg sou weeg, maar om elke pakkie presies 0.9 kg te gehad het is nie oneerlik nie, maar dit is nie goeie smaak nie.
Die uiteinde was dat my pa nooit weer by daai plek vleis gekoop het nie, selfs vandag nog 10+ jaar later.
Die Here verwag van ons om eerlik op te treë in die werksplek en nie mense in te doen nie. Ons moet nie soos die slaghuis met die minimum probeer weg kom nie, maar gaan eerder die extra myl.
As al 10 pakke 1 kg of 1.1 kg geweeg het... dink jy my pa sou weer terug gegaan het soentoe? Dis 'n eenvoudige of simpel illustrasie, maar dit maak tog 'n punt.