22 November / Geen Genade / Hebreërs 10:26-31

22 November / Geen Genade / Hebreërs 10:26-31
Photo by Ricardo Gomez Angel / Unsplash
Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen ’n verskriklike verwagting oor van oordeel en ’n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer. As iemand die wet van Moses oortree, en twee of drie getuies bevestig dit, word hy nie begenadig nie, hy word doodgemaak. Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het? Ons weet tog wie Hy is wat gesê het: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld;” en verder: “Die Here sal oor sy volk oordeel.” Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val. - Heb. 10:26-31

Ek het nie veel om te sê nie behalwe dat ons baie duidelik hier gewaarsku word om nie 'n bespotting te maak van God se genade nie.

As ons Christus bely, maar ons doen opsetlik sonde terwyl ons weet dat dit sonde is en daarin volhard - dan loop ons as't ware oor God se genade en ons maak die bloed van Jesus niks wêrd nie.

Die straf vir iemand wat opsetlik sonde doen en God se genade goedkoop maak, is God se oordeel en verterende vuur! God is vol liefde en genade, maar Hy laat nie met Hom spot nie. As jy opsetlik sonde doen, dan wys dit dat jy nie werklik gered is nie. Hoe maak jy reg? Bekeer en maak reg met God voordat dit te laat is.

Jy is gewaarsku!