1 min read

22 Maart – Hoop wat hou

22 Maart – Hoop wat hou
Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. - Hebreërs 6:19 (AFR83)

Oordenking:

Ons hoop in God is soos ’n anker wat ons vashou in die storms. Wanneer ons nie geanker is nie, dan word ons heen en weer geslinger in die lewe en ons gemoed ry heeltyd wipplank.

Vraag / Uitdaging:

Waaraan is jou hoop geanker?

Gebed:

Here, anker my hoop vas in U beloftes. Hou my staande in onstuimige tye. Amen.