22 Junie 2023 / Verantwoordelikheid teenoor die Kerk-leraars / Galasiërs 6:6

22 Junie 2023 / Verantwoordelikheid teenoor die Kerk-leraars / Galasiërs 6:6
Photo by Stephen Radford / Unsplash
Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het. - Gal 6:6

Gelowiges het 'n verantwoordelikheid om hul leermeesters, d.w.s. hul predikante / pastore / leraars, te onderhou omdat hulle hul voltyds aan die bediening toespits.

Ons hou nie daarvan by Gesinskerk om oor geld te praat nie, dit is altyd 'n sensitiewe onderwerp, maar ons is baie dankbaar is vir die gemeente se ondersteuning wat ons toelaat om onverhinderd te kan bedien. Ons is ook versigtig omdat ons weet daar mense is wat baie swaar kry.

Hierdie teks is wel baie belangrik en ek het besluit om sommer 'n stukkie van die Bible Knowledge Commentary aan te heg wat die vers 'n bietjie konteks gee:

6:6. One responsibility of each believer is to shoulder the financial support of the pastor-teachers in the church. Perhaps the Judaizers had influenced some of the believers to slack off in their support of the teachers, a special group who were giving their full time to this ministry and who were reimbursed for their labors (cf. 1 Cor. 9:7–14). This concept of voluntary giving to provide for the Lord’s servants was revolutionary since Jews were taxed for the support of their priests and Gentiles paid fees, made vows, etc., to sustain their religions. The admonition is clear that as a teacher shares the good things of the Word of God, a believer is to reciprocate by sharing all good things with his instructor

Campbell, D.K. (1985) “Galatians,” in Walvoord, J.F. and Zuck, R.B. (eds.) The Bible Knowledge Commentary: An Exposition of the Scriptures. Wheaton, IL: Victor Books, p. 610.

Gebed

Dankie Here dat U ons so genadig is dat U ons seën met 'n platform en gemeente wat vir ons 'n mandaat gee en deur wie U vir ons sorg. Mag Jesus Christus en U Woord altyd voor oë gehou word en mag die Evangelie en dissipelskap altyd ons hooftaak wees, sodat ons getrou kan bly teenoor U opdrag om dissipels te maak en die Woord te verkondig. Amen.