1 min read

22 Februarie – God se liefde deur my

Ons liefde vir ander is ’n getuienis van ons verhouding met God.
22 Februarie – God se liefde deur my
Ek gee julle 'n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het. - Johannes 13:34–35 (AFR20)

Oordenking:

Ons liefde vir ander is ’n getuienis van ons verhouding met God. Hoe baie Christene het nie liefde vir mekaar nie - en tog maak die Here dit hier duidelik dat liefde vir mekaar is die teken na buite dat ons Sy dissipels is.

Vraag / Uitdaging:

Wat wys jou liefde oor jou geloof?

Gebed:

Here, laat U liefde sigbaar word deur my woorde en dade. Amen.