1 min read

21 Maart – God bly getrou

21 Maart – God bly getrou
Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. My erfdeel is die Here, sê ek; daarom hoop ek op Hom. - Klaagliedere 3:22–23 (AFR20)

Oordenking:

God se trou hou ons staande, selfs wanneer alles anders wankel. Sy getrouheid is nie afhanklik van my omstandighede nie en ook nie op hoe sterk ek probeer wees nie. Nee, God se getrouheid is as gevolg van sy Liefde vir my en jou.

Vraag / Uitdaging:

Waar het jy God se trou al beleef?

Gebed:

Here, dankie vir U trou wat elke dag nuut is. Help my om daarop te vertrou. Amen.