21 Augustus / Liefde verslind nie / Galasiërs 5:14-15
Vader, help my om altyd in liefde op te tree wanneer mense met my opvatting, siening of teologie verskil.
Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie. - Gal. 5:14-15
Paulus praat met die kerk in Galasië en waarsku hulle dat hulle mekaar verslind en verskeur soos hulle aan gaan. Hy verwys na die twee groepe in die kerk, dié wie die wet wil onderhou en dié wie in Christus vry gemaak is. Daar is valse leraars in die kerk wie die mense aanmoedig om wette te onderhou, maar Paulus beklemtoon dat die hele wet word opgevat in liefde.
Hoe baie verhoudings en kerke het daar nie al uit mekaar uit geskeur omdat daar verskille is tussen mense, tussen teologiese sienings en tussen leiers en mense wat nie saam kan werk nie. Die koninkryk vind nie daarby baat nie. Ons moet in liefde optree en geduldig wees met mekaar en ons verskille op sy sit. Ons sal soveel meer slaankrag in hierdie wêreld hê en soveel meer vir God se koninkryk kan doen as ons in liefde saam werk.
Gebed
Vader, help my om altyd in liefde op te tree wanneer mense met my opvatting, siening of teologie verskil. Help my om geduldig te wees en altyd leersaam en nederig te wees. Help my om U Woord te bestudeer sodat ek kan weet wat U voorskrifte is, maar help my om ook in liefde te lewe; lief vir U en lief vir my medemens. Amen.