20 Oktober / Die "Missing Link" / Romeine 7:18

20 Oktober / Die "Missing Link" / Romeine 7:18
Photo by Pierre Bamin / Unsplash
Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. - Rom. 7:18

Dit is baie frustrerend om te weet wat reg is en steeds te sukkel om dit te doen. Ons weet baie keer wat van ons verwag word en hoe ons behoort op te treë, maar o wee hoe mismoedig is ons nie wanneer ons dit doen wat ons agterna oor spyt is.

Hoe is dit dat ons WEET wat om te doen, maar ons DOEN dit nie? Daar is 'n "missing link" wat ons benodig en dit is Jesus Christus.

Om uit ons eie wil of krag teen die vlees te wil optree, is nie moontlik met die vlees nie. Dit is net moontlik om teen die vlees op te treë wanneer jy 'n dryf en krag het wat sterker as die vlees is; d.w.s. Jesus Christus.