20 Augustus / Dien mekaar in liefde / Galasiërs 5:13

Die uitdaging lê daarin dat ons nooit ons eie sondes wat ons van bewus is net moet aanvaar en dink "ag dit is okay", Jesus vergewe my...

20 Augustus / Dien mekaar in liefde / Galasiërs 5:13
Photo by Eyasu Etsub / Unsplash
Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. - Gal. 5:13

In Christus is ons gered en vry. Ons is nie skielik sondeloos en sal nooit struikel nie, maar in Christus is ons vergewe en sal ons die Koninkryk eendag beêrwe. Party Christene, met die wete dat hul sondes vergewe is, gebruik dit as 'n verskoning om sonde te doen. Hulle misbruik hul vryheid in Christus... Paulus waarsku hier dat ons nie in die strik moet trap dat sonde 'n hou vas op ons kry nie, maar dat ons eerder moet toelaat dat ons in liefde aan mekaar gebind word en mekaar in liefde dien.

Die uitdaging lê daarin dat ons nooit ons eie sondes wat ons van bewus is net moet aanvaar en dink "ag dit is okay", Jesus vergewe my... Ons moet hard op onsself wees wanneer dit kom by sonde, maar in plaas daarvan om op ander se sonde te fokus, moet ons mekaar eerder in liefde bedien.