2 September / Liefde is gehoorsaamheid / 1 Johannes 5:1-5

Die bewys van jou liefde vir God is gekoppel aan jou gehoorsaamheid.

2 September / Liefde is gehoorsaamheid / 1 Johannes 5:1-5
Photo by Aaron Burden / Unsplash
Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ’n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. Hiéraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou. Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? -1 Joh. 5:1-5

1 Johannes 4 en 5 is ongelooflik kragtig rakende die beskrywing van liefde.

Hier lees ons dat liefde vir God beteken dan ons Sy gebooie gehoorsaam. Om gehoorsaam te wees aan die Woord van God, is hoe ons vir God wys dat ons Hom lief het.

Jesus sê ook dat dié wie Hom liefhet, sal Sy gebooie gehoorsaam. Is jy gehoorsaam aan die Woord van God? Of is jou liefde vir God net lippetaal? Ons aksies spreek boekdele. Dit is een ding om te sê jy is lief vir God, maar dit is iets anders om dit te wys. Die bewys van jou liefde vir God is gekoppel aan jou gehoorsaamheid.

Dink 'n bietjie

Wanneer jy die teks hier bo lees, wat nog kan ons leer uit hierdie teks behalwe van liefde en gehoorsaamheid?

Stuur gerus vir my 'n epos na [email protected], ek wil graag van jou hoor!