1 min read

2 Februarie – Liefde is meer as 'n gevoel

Liefde is nie net iets wat ons voel nie, maar iets wat ons doen.
2 Februarie – Liefde is meer as 'n gevoel
Liefde bly geduldig, liefde gee om, liefde is nie jaloers nie, spog nie, en is nie verwaand nie. - 1 Korinthiërs 13:4  (AFR20)

Oordenking:

Liefde is nie net iets wat ons voel nie, maar iets wat ons doen. Dit wys sigself in geduld, vriendelikheid en selfbeheersing, selfs wanneer dit moeilik is.

Vraag / Uitdaging:

Lees die res van 1 Korintiërs 13 en maak 'n lys van al die dinge wat liefde is en nie is nie. Hoeveel kry jy?

Gebed:

Here, leer my om lief te hê soos U liefhet – met geduld en selfopoffering. Help my om liefde prakties uit te leef. Amen.