19 September / Liefde weer saam gehoorsaamheid / Johannes 15:9-10
Afhangklinkheid en liefdevolle gehoorsaamheid aan God is die pad wat elke Kind van God behoort te loop.
“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. - Joh. 15:9-10
Afhangklinkheid en liefdevolle gehoorsaamheid aan God is die pad wat elke Kind van God behoort te loop.
As gelowige bewonder ek Jesus se liefde vir my en dit motiveer my om aan God gehoorsaam te wees. Jesus modeleer vir ons hoe om aan die Vader gehoorsaam te wees en in die Vader se liefde te bly.
Hoe kan ek en jy in Jesus se liefde bly? Deur om aan Hom gehoorsaam te wees. Die Koninkryk van God is nie 'n koninkryk van praatjies nie, maar 'n koninkryk van krag! Jou geloof en getuienis word beklemtoon deur jou optrede; om lief te hê soos Jesus lief het.