19 Oktober / Op Jou Pos / Efesiërs 6:13

19 Oktober / Op Jou Pos / Efesiërs 6:13
Photo by Patrick Robert Doyle / Unsplash
Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. - Ef. 6:13

Wat het selfbeheersing en die Wapenrusting met mekaar te doen? Beide verg dissipline. In ons geestelike lewe moet ons selfbeheersing toe pas.

Ons moet die wapenrusting aan trek en op ons pos bly staan. Dit is maklik om in te gee vir versoekinge en om ons pos te verlaat, maar al hoe ons staande kan bly is met die wapenrusting waarmee die Heilige Gees ons toerus.