19 Maart – God se tyd is anders
God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. - Prediker 3:11 (AFR83)
Oordenking:
God werk nie volgens ons tydlyne nie. Sy tyd is volmaak. Dit is moeilik om te weet hoe die tydlyn loop omdat ons nie die toekoms kan sien nie. Ons kan wel net in geloof vorentoe beur en op die Here wag terwyl ons doen wat ons kan met die tyd wat ons het. Ons moet nie stil sit en niks doen nie - maar ons moet weet dat al probeer ons hoe hard - is dit dalk nog nie tyd nie.
Vraag / Uitdaging:
Het jy al so lank gewag dat jy begin twyfel het? Hoe maak mens wanneer jy op God wag en begin twyfel - hoe druk jy voort?
Gebed:
Here, help my om U tyd te vertrou en nie te probeer forseer nie. Amen.