19 Junie 2023 / Verantwoordelikheid teenoor jou kinders / Spreuke 22:6
Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie. - Spr 22:6
Dit is ouers se verantwoordelikheid om hul kinders te leer en te onderrig. Alle ouers doen dit tot 'n min of medere mate, maar ouers behoort hul kinders in alle fasette van die lewe te onderrig, want daar waar ouers hulle nie onderrig, gaan die wêreld of iemand anders hulle onderrig.
In Deuteronomium 6 lees ons dat die ouers die kinders ook moet leer oor God se Woord en Sy voorskrifte. Daar is 'n duidelike verwagting dat die gelowige ouer hul kinders deeglik moet onderrig sodat hulle op die regte pad sal bly.