19 Januarie – God sien die pad vooruit
God sien verder as vandag. Sy planne is goed, selfs wanneer ons dit nie kan sien nie. Sy tydsberekening is goed, al wil ons nie wag nie.
Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die HERE. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle 'n toekoms en hoop te gee. - Jeremia 29:11 (AFR20)
Oordenking:
God sien verder as vandag. Sy planne is goed, selfs wanneer ons dit nie kan sien nie. Sy tydsberekening is goed, al wil ons nie wag nie. God herinner die Jode hier dat Sy langtermyn plan goed is en dat hulle nie moedeloos moet word en hoop verloor nie.
Vraag / Uitdaging:
Raak jy partykeer vinnig moedeloos wanneer dinge nie gaan soos jy gehoop het nie? Wat moet jy doen om jouself te herinner aan Jeremia 29:11?
Gebed:
Here, ek plaas my toekoms in U hande. Help my om te glo dat U planne vir my goed is, selfs wanneer ek onseker voel. Amen.