19 Februarie – Kies liefde weer
Liefde is ’n daaglikse keuse. Dit hou alles bymekaar.
Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. - Kolossense 3:14 (AFR20)
Oordenking:
Liefde is ’n daaglikse keuse. Dit hou alles bymekaar. Jy kan verskeie redes hê hoekom jy optreë soos jy doen of wat jou dryf is - maar wanneer liefde die rede of dryf is dan is dit 'n volmaakte poging.
Vraag / Uitdaging:
Waar moet jy vandag weer kies om lief te hê?
Gebed:
Here, help my om vandag meer bewustelik liefde te kies as my motivering vir my aksies. Amen.