19 Augustus / Liefde een van drie / 1 Korintiërs 13:13

'n Ongelowige weerspieël weer die drie teenoorgestelde elemente van ongeloof, wanhoop en haat.

19 Augustus / Liefde een van drie / 1 Korintiërs 13:13
Photo by Tony Hand / Unsplash
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! - 1 Kor. 13:13

Hierdie drie gawes wat Paulus noem is genoegsaam en nodig vir redding. Liefde is die belangrikste. Ons geloof in Jesus Christus as ons Here, wie gesterf het aan die kruis en weer uit die dood opgestaan het en na die Vader toe opgevaar het en die hoop op Sy wederkoms en om vir ewig saam met Hom en die Vader te wees.. hierdie geloof en hoop saam met liefde is die drie belangrikste elemente wat ons red.

'n Ongelowige weerspieël weer die drie teenoorgestelde elemente van ongeloof, wanhoop en haat.

Liefde is die volle samevatting van geloof en hoop, want sonder om lief te wees vir God en God deur ons liefde op wek vir mense om ons, sal ons geloof "dood" wees (Gal. 5:6 / Jak. 2:17, 20).