18 Oktober / Hoor en Doen / Jakobus 1:19-21

18 Oktober / Hoor en Doen / Jakobus 1:19-21
Photo by Marc Schaefer / Unsplash
My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. ’n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie. Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red. - Jak. 1:19-21

Die Woord van God is nie 'n kwessie van net hoor nie, maar om ook te doen; om dit uit te leef. As jy wil weet wat iemand glo, kyk na wat hulle doen. Dit wat jy doen word weerspieël deur wat jy glo. As jy sê jy glo iets, of glo in iets, en jy doen dit nie, dan glo jy nie werklik nie.

As kinders van God word ons hier gemaan om selfbeheersing toe te pas oor ons temperament - om nie gou kwaad te word nie.

Gebed

Dankie Vader vir die Woord wat in ons geplant is. Help ons asseblief dat die Heilige Gees die Woord sal laat groei en vrugbaar raak in my lewe. Ek wil 'n lewe leef wat van U goedheid getuig en 'n lewe van selfbeheersing. Amen.