18 Mei 2023 / Beloftes word deur Jesus vervul / 2 Korintiërs 1:18-20
So seker as God getrou is, ons woord aan julle was nie tegelyk “ja” en “nee” nie, want Jesus Christus, die Seun van God, wat ons, dit is ek en Silvanus en Timoteus, aan julle verkondig het, is nie “ja” en “nee” tegelyk nie. Hy is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê. - 2 Kor 1:18-20
God se beloftes word in en deur Jesus Christus vervul. Kyk bietjie mooi na hoe Paulus dit veruidelik: Christus is die "ja" van God, die "ja" op al die beloftes van God. Jesus Christus is die vervulling van God se beloftes en dit is deur Jesus dat ons toegang het tot God en Sy beloftes. Hoe wonderlik is hierdie gedagte nie?! En hoe kosbaar?! Dat in die Drie-Eenheid is daar hierdie samewerking en vervulling van God se Woord deur Jesus Christus.