18 Augustus / Liefde is verewig / 1 Korintiërs 13:8

Liefde op sy eie is 'n gawe en 'n aksie wat nooit sal vergaan nie. Wat bedoel Paulus daarby?

18 Augustus / Liefde is verewig / 1 Korintiërs 13:8
Photo by Izabel 🇺🇦 / Unsplash
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. - 1 Kor. 13:8

Paulus hou aan op die tema van liefde en hoe belangrik liefde is. Liefde op sy eie is 'n gawe en 'n aksie wat nooit sal vergaan nie. Wat bedoel Paulus daarby? Profesie en tale, byvoorbeeld, is 'n gawe om die Kerk op te bou. Wanneer Jesus terug kom en ons saam met Hom en die Vader is, sal profesie en tale nie meer nodig wees nie, maar liefde sal steeds teenwoordig wees.

Partykeer fokus ons op dinge wat net tydelik is en raak behep met die tydelike dinge in ons lewe, in pleks daarvan om aandag te gee aan dit wat vir altyd sal bly staan.

Oordenking

Waarom dink jy sal liefde nooit vergaan nie? Waarom sal liefde, selfs in die hemel, steeds teenwoordig wees?